Met die vakansiewerk vereistes vir my kursus
en die Innibos kunstefees in my tuisdorp, het ek besluit om ʼn werk te soek
vir die winter vakansie. Ek het Nelspruit se plaaslike koerant, Die Laevelder,
gekontak en gehoor of hulle ʼn ekstra fotograaf benodig. Promotion werk met ʼn kamera is nou nie presies wat ek in gedagte
gehad het nie, maar gelukkig het ek baie tegniese oefening en ʼn paar rand in
die sak verower. So tussen deur die sosiale foto’s vir Look Local, het ek probeer om ekstra foto’s van die fees in te
werk. Hier is so ʼn handjievol:
06:30 die oggend, na die hoof aand van
Innibos, vertrek ek uitgeput saam met ʼn groep vriende Wildtuin toe. Ek het nog altyd
gedink Wildtuin fotografie is vreeslik vervelig, maar dit is seker net omdat ek
nog nooit ʼn ordentlike kamera gehad het nie. Hier is ʼn paar foto’s van ons twee
dae in-die-regte-bos.
No comments:
Post a Comment