http://miavdmerwe.tumblr.com/

Tumblr:miavdmerwe.tumblr.com... Portfolio:miavanderm.wix.com/miavandermerwe

Blog Archive

Monday 9 July 2012

Ek verlang


Grahamstad. Rhodes Universiteit. ʼn Harde landskap, in die middel van êrens, in die middel van nêrens.  

Maar nogtans verlang ek. 

Ek verlang na…



...kampus-toe-stap al langs Somerset. Klasdraf is nie noodwendig die motief nie, maar eerder die eenders denkendes wat daar sit en wag. 




...om anders te kyk na die alledaagse  - die banale - aangedryf deur ʼn intensiewe kursus en lektrise van formaat. 




...die eksentrieke, kitsch lig in ons ruim maar onpraktiese kombuis.



...ons joviale buurvrou, met haar unieke uitrustings by The Pearl Reef Boutique.



...die kolonie katte wat baljaar in ons ruie tuin, haweloos of net nuuskierig.



...sosiale naweke van kamp, kuier en poi-dans.



...lawwe somersdae langs die swembad. En gewillige vriende wat poseer vir die kamera.



...ʼn wegbreekkans na die Oos-Kaap se kus.



...pampoenreise deur die dorp en die vreemde kyke wat daarmee gepaard gaan.






...en ʼn uitsonderlike ou wat alles vir my sal doen; selfs modelleer, pampoen op die kop gebalanseer.


No comments:

Post a Comment